Swede | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 12,8 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Swede ~7,6 miljoen[1] Verenigde State ~4 miljoen[2] |
Taal: | Sweeds |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Lutheranisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Germaanse volke soos Dene, Faroërs, Noorweërs en Yslanders |
Die Swede (Sweeds: svenskar) is 'n Germaanse nasie en etniese groep inheems aan Swede wat 'n gemeenskaplike Sweedse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Sweeds as moedertaal praat. Alternatiewelik is Swede diegene wat in Swede woon of in Swede gebore is.
Swede vorm die titulêre nasie van die Swede, waar hulle sowat 80% van dié land se bevolking uitmaak. Behalwe vir Swede kom Sweedse minderhede nog in Europese lande soos Finland voor.
Wêreldwyd leef sowat 12,8 miljoen Swede, waarvan sowat 7,6 miljoen in Swede, omtrent 4 miljoen in die Verenigde State en 280 000 in Finland. Daarbenewens het Swede nog in lande soos Kanada (334 765), Argentinië (200 000), Australië (30 375) en Nieu-Seeland (1 257) gevestig.